Noord Transvaal
Die Tak se Algemene Jaarvergadering vind plaas by die kunsgalery van die Voortrekkermonument
Geskep deur ferdievw op 30 Desember 2007 - 2:05pm. Noord TransvaalBy die vergadering lewer die uitgaande voorsitter sy jaarverslag vir 2009. Die verskillende portefeulje sameroepers doen verslag en die begroting vir 2010 word aan die lede voorgelê vir goedkeuring. Die nuwe komitee vir 2010 word verkies.
Genealogie, Geskiedenis en Kulturgeskiedenis - Quo Vadis vir die amateur genealoog
Geskep deur ferdievw op 30 Desember 2007 - 2:01pm. Noord TransvaalEen van Suid-Afrika se bekendste kultuurhistorikusste bespreek hoe hierdie drie velde van navorsing mekaar kan aanvul en hoe dit die familienavorser raak.
Die Duitse Setlaars aan die Oos-Kaap
Geskep deur ferdievw op 28 Desember 2007 - 8:04am. Noord Transvaal'n Ervare genealoog en navorser oor die Duitse families in Suid-Afrika, bespreek hierdie algemeen onbekende geskiedenis en wys op die invloed van hierdie families op die ontwikkeling van die Oos-Kaap.
Van De Villiers tot Heese tot die Hede
Geskep deur ferdievw op 28 Desember 2007 - 8:01am. Noord TransvaalProf Barend Venter ontleed die verwikkelinge in die ontwikkeling van familiegeskiedenis en die etiek van navorsing.
Genealogie Indaba - Publikasie van jou Navorsing
Geskep deur ferdievw op 28 Desember 2007 - 7:51am. Noord TransvaalDie ervare familie navorser Alex Fuchs, die deskundige redigeerder Hendrik Louw en die drukker van die Du Toit Register, Kallie Steijn bespreek die publikasie van navorsing
Wie en Wat is Tanap
Geskep deur ferdievw op 26 Desember 2007 - 5:12pm. Noord TransvaalEen van die medewerkers aan die Tanap.net projek bespreek die waarde van dié reuse databasis van die VOIC vir die familienavorser. Die VOIC was die wêreld se eerste multi nasionale maatskappy. Ons weet wat die rol daarvan was met die vestiging in Suid-Afrika in 1652.
Besoek aan 'n plek van Genealogiese Belang
Geskep deur ferdievw op 26 Desember 2007 - 5:07pm. Noord TransvaalOns poog om 'n besoek af te lê by die nuwe Nasionale Biblioteek in Pretoria.
Die Serfontein Familie
Geskep deur ferdievw op 26 Desember 2007 - 5:02pm. Noord TransvaalDit is dié gebeurtenis op die kalender van Noord-Transvaal. Die bekende Dot Serfontein word versoek om haar wedervaringe tydens die navorsing oor die Serfontein familie met ons te deel. Dit is 'n gala geleentheid en na die gesprek is daar 'n lekker saamkuier geleentheid met 'n ete.
Vraag en Antwoord Sessie
Geskep deur ferdievw op 9 Desember 2007 - 9:22pm. Noord TransvaalHierdie werksessie het nou 'n instelling by Noord-Transvaal geword. 'n Paneel deskundiges antwoord ons lede se vrae. Beginners en gesoute navorsers ingelyks baat by hierdie lewendige besprekking en belangrike leidrade word verskaf om lede by te staan in hul navorsing.
Noord Transvaal Tak
Noord Transvaal
Tak Besonderhede
Alle e-pos moet asseblief aan ntvl@ggsa.info gestuur word, vanwaar dit aangestuur sal word na die verantwoordelike lid. Ons posadres is: Posbus 75292, Lynnwood Ridge, 0040
Die Noord-Transvaal-Tak is in Pretoria en bedien die omliggende areas. Dit sluit Mpumalanga, Limpopo en gedeelts van die Noorwes Provinsie in.
