Familia
Familia is die kwartaalblad wat deur die Genealogiese Genootskap van Suid Afrika uitgegee word, en is bekombaar in gedrukte of pdf-formaat. Vorige uitgawes is beskikbaar op die Familia laserskyf
Artikels en korrespondensie moet gerig word aan die redakteur:
Richard Y Ford (e-pos: familia@ggsa.info)Posbus 794
Randparkrif
2156
Republiek van Suid-Afrika.
Intekening op Familia sluit lidmaatskap in. Vir intekenaars in Suid-Afrika beloop die koste R100 'n jaar en vir intekenaars elders is dit R155 (lugpos). Of, indien dit verkies word, is 'n elektroniese weergawe, eFamilia, via e-pos beskikbaar teen R85 'n jaar.
Vir meer inligting sien die aansoekvorm. Vorige uitgawes van Familia is bekombaar van André Heydenrych, Nasionale Tesourier, teen R20 'n kopie (plaaslik) of R35 vir buitelandse bestellings. Al die pryse op hierdie blad sluit posgeld in.
Aaansoeke om lidmaatskap (wat intekening op Familia insluit) kan ook gedoen word deur middel van die aanlyn aansoekvorm, of deur te skryf aan:
GGSA Suite 143Postnet X2600
Houghton
2041
Republic of South Africa. 'n Gekategoriseerde indeks tot Familia word onderhou deur eGGSA. Individuele uirgawes is bekombeer van die aanlynwinkel van eGGSA, of deur te skryf aan die adres hierbo. Sien ook:
