Weskaap Tak

Tak Besonderhede

Die Wes-Kaaptak sentreer in Kaapstad, en bedien die Wes-kaap en omliggende distrikte.

Posadres: Posbus 4674, Tygervallei, 7536

Korrespondensie moet aan hierdie adres gestuur word, waarvandaan dit vir die nodige aandag aan die betrokke Takbestuurslid besorg sal word.


Tak aktiwiteite

Lede vergader elke tweede Saterdag van die maand, tensy anders vermeld. (Datums en onderwerpe onderhewig aan verandering)

 


Kennisgewing van Maandvergadering

Datum Saterdag 13 Maart 2010

Tyd 14:00


Plek Goodwood Biblioteeksaal, Kerkstraat

Spreker Paul le Roux

Paul is die tesourier van ons tak en is ‘n toegelate advokaat, hoewel hy nie praktiseer nie.

Onderwerp Genealogie en die Reg

Sommige van die regskwessies wat ‘n genealoog voor oë moet hou tydens die versameling, verwerking en verspreiding van genealogiese inligting.


Aanbiedingstaal

Afrikaans, met skyfies in Engels en so ‘n paar Latynse woorde om ons verder te verwar.

Hermanus, Dinsdag 27 April, 10:00-16:00

Ons sal ‘n stalletjie beman by die Showcase of Hobbies & Lifestyles, Hermanus Hoërskool. 

 

Kontak asb. ons Voorsitter, Andrew Kok (082 5006758) met navrae.

Alle belangstellendes is welkom om by te woon.

Ledelys

Ons Tak se ledelys kan besigtig word deur hier te klik. Stel ons gerus van enige nodige regstellings of weglatings in kennis.

Komiteelede

  • Voorsitter: Andrew Kok - tel. 082-500-6758
  • Onder-Voorsitter: David de Klerk - tel. 023-342-8044
  • Sekretaris: Engela van Dyk -
  • Tesourier: Paul le Roux -
  • Projekte: Simone Key -
  • Publikasies: Andrew Kok - tel. 082-500-6758
  • Skakeling & Reklame: Mariana Olivier - tel. 021-557-4355
  • Biblioteek: Simone Kay -
  • Tegnologie: Erik Eloff - tel. 021-889-9088

Biblioteek

  • Blaai gerus deur die inventaris om te sien wat alles in ons takbiblioteek geberg word.
  • Kopieë van meeste van ons tak se uitgawes van Capensis, wat oorspronklik as ‘n nuusbrief van die tak in 1991 onstaan het, word in ons biblioteek bewaar. Navrae rakende die (beperkte) beskikbaarheid en moontlike bestelling van kopieë daarvan, eindigend in 2005, kan gerig word aan weskaap@ggsa.info. Om u hiermee behulpsaam te wees kan u gerus kyk na die inhoudsopgawes van artikels wat tussen 1991 en 2005 verskyn het. Toegang tot kopieë van Capensis wat na Desember 2005 uitgegee is word hieronder verduidelik.

Capensis

  • Om harde kopieë van Capensis kwartaalblaaie vanaf 1/2000 tot en met 4/2007 te bestel tree asseblief met ons Tesourier in verbinding - klik gerus hier om die inhoudsopgawes daarvan te besigtig. Die prys per kopie is R15.00 vir lede van ons Tak en R20.00 vir nie-lede. Besonderhede van ons Tak se bankrekening is: Bank - Nedbank. Rekeningnommer (skakel asb met weskaap@ggsa.info om dit te bekom). Tak - Tygervallei. Tak kode - 103-910. By ontvangs van ‘n kopie van die depositostrokie, óf gefaks aan 021-671-1463 óf per e-pos aan haar gestuur, sal sy reël dat ‘n kopie van u keuse aan u adres gepos word.
  • Kwartaalblaaie vanaf 1/1991 tot en met 4/2001 is ongelukkig nog nie in digitale formaat beskikbaar nie. Ons volhard egter met pogings om die volle reeks uitgawes tot op datum, digitaal en in PDF, so spoedig moontlik tot u beskikking te stel. Meer hieroor binnekort.